Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 2:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Paar dae later het Jesus weer in die stad Kapernaum gekom. Die mense het gehoor dat Hy by die huis is.

2. Daar het so baie mense bymekaargekom dat daar nie meer plek in die huis was nie, ook nie buite voor die deur nie. Jesus het begin om vir die mense te vertel van die goeie boodskap.

3. Daar kom toe mense wat ’n verlamde man na Hom toe bring. Vier mense het die man gedra.

4. Omdat daar so baie mense was, kon hulle nie die man tot by Jesus bring nie. Hulle het toe die dak bokant Jesus oopgebreek. Hulle het ’n gat in die dak gemaak, en toe het hulle die slaapmat waarop die verlamde man lê, deur die gat laat sak.

5. Toe Jesus sien hulle glo dat Hy die verlamde man gesond kan maak, sê Hy vir die man: “My vriend, Ek vergewe jou sondes.”

6. Daar het skrifgeleerdes gesit, en hulle het gewonder:

7. “Hoekom praat hierdie man so? Hy maak of hy self God is! ’n Mens kan nie sondes vergewe nie, net God kan.”

8. Jesus het dadelik geweet dat hulle so dink. Daarom het Hy vir hulle gesê: “Hoekom wonder julle oor hierdie dinge?

Lees volledige hoofstuk Markus 2