Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 15:19-26 Bybel vir Almal (ABA)

19. Hulle het aangehou om Jesus met ’n dik riet op sy kop te slaan. Hulle het op Hom gespoeg en voor Hom gekniel soos hulle voor ’n koning kniel.

20. Nadat hulle Jesus klaar gespot het, het hulle die pers klere uitgetrek en hulle het Jesus se eie klere vir Hom aangetrek.Die soldate het Jesus weggevat sodat hulle Hom kon kruisig.

21. ’n Man het by hulle verbygeloop. Sy naam was Simon, hy was van die stad Sirene. Hy was Aleksander en Rufus se pa. Hy het van buite in die stad ingekom. Die soldate het vir Simon gesê hy moet Jesus se kruis dra.

22. Hulle bring toe vir Jesus na die plek, Golgota. Golgota beteken “Plek van die kopbeen.”

23. Hulle het probeer om vir Jesus wyn en mirre te gee, maar Hy het dit nie gedrink nie.

24. Die soldate het vir Jesus gekruisig, en elke soldaat het van Jesus se klere gevat. Hulle het lootjies getrekom te besluit watter klereelkeen moet kry.

25. Dit was nege-uur die oggend toe hulle Jesus gekruisig het.

26. Bo-aan die kruis het hulle op ’n plank geskryf hoekom hulle vir Jesus gekruisig het. Hulle het geskryf: “Die koning van die Jode.”

Lees volledige hoofstuk Markus 15