Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 11:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Jesus en sy dissipels het naby Jerusalem gekom, by twee dorpies op die Olyf-berg: Betfage en Betanië. Toe hulle daar kom, stuur Jesus twee van sy dissipels

2. en Hy sê vir hulle: “Gaan na die dorpie hier voor julle, en wanneer julle daar ingaan, sal julle ’n jong donkie sien wat vasgemaak is. Daar het nog nooit ’n mens op hom gesit nie. Maak hom los en bring hom hiernatoe.

3. Wanneer iemand vir julle vra hoekom julle dit doen, dan moet julle sê: Die Here wil hom gebruik, maar Hy sal hom gou weer hiernatoe terugstuur.”

4. Die twee dissipels het gegaan en hulle het buite in die straat ’n jong donkie gekry wat vasgemaak was by ’n deur. Hulle het die donkie losgemaak.

5. Party van die mense wat daar gestaan het, vra toe vir hulle: “Wat doen julle? Hoekom maak julle die donkie los?”

6. Die dissipels het die mense geantwoord soos Jesus gesê het, en die mense het hulle nie gekeer nie.

7. Die dissipels bring toe die jong donkie na Jesus toe en hulle gooi van hulle klere oor die donkie. Jesus het op die donkie gaan sit.

8. Baie mense het van hulle klere op die pad oopgegooi. Ander mense het takke afgekap van die bome in die veld en hulle het dit in die pad gegooi.

Lees volledige hoofstuk Markus 11