Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 5:21-34 Bybel vir Almal (ABA)

21. Die skrifgeleerdes en die Fariseërs het saggies met mekaar gepraat en gesê: “Wie is hierdie man? Hy maak of hy God is. ’n Méns kan nie sondes vergewe nie, net God kan.”

22. Maar Jesus het geweet wat hulle praat. Hy het vir hulle gesê: “Hoekom sê julle dit?

23. Wat is makliker om te sê: ‘Ek vergewe jou sondes,’ of ‘Staan op en loop?’

24. Ek wil nou vir julle wys dat Ek, die Seun van die mens, sondes mag vergewe op die aarde.”Toe sê Jesus vir die lam man: “Ek sê vir jou, staan op, neem jou slaapmat en gaan huis toe.”

25. Die man het dadelik opgestaan. Almal het dit gesien. Hy het die slaapmat geneem waarop hy gelê het en hy het huis toe gegaan. Hy het aangehou om God te prys.

26. Al die mense was verbaas en hulle het God ook geprys. Hulle was bang en hulle het aangehou om God te eer. Hulle het gesê: “Vandag het ons wonderlike dinge gesien.”

27. Daarna het Jesus verder gegaan. Hy sien toe ’n tollenaar by die tolhek sit. Die tollenaar se naam was Levi. Jesus het vir hom gesê: “Kom saam met My.”

28. Levi het opgestaan en alles daar gelos en hy het saam met Jesus gegaan.

29. Toe nooi Levi vir Jesus na ’n groot ete in sy huis. Daar was ook baie tollenaars en ander mense wat saam met hulle geëet het.

30. Maar party van die Fariseërs en hulle skrifgeleerdes het later by Jesus se dissipels kom kla en gevra: “Hoekom eet en drink julle saam met tollenaars en sondaars?”

31. Jesus het vir hulle gesê: “Gesonde mense gaan nie dokter toe nie, net mense wat siek is, gaan dokter toe.

32. Dit is hoekom Ek saam met daardie mense eet. Ek het nie gekom om mense te roep wat dink hulle is gehoorsaam aan die wette van God nie. Nee, Ek het gekom om sondaars te roep sodat hulle kan lewe soos God wil hê.”

33. Party mense het vir Jesus gesê: “Johannes die Doper se dissipels vas baie maal en bid altyd wanneer hulle moet. Die Fariseërs se dissipels doen dit ook. Maar jou dissipels eet en drink.”

34. Jesus sê toe vir hulle: “Julle kan nie vir mense by ’n troue sê hulle mag niks eet nie. Die bruidegom is dan by hulle.

Lees volledige hoofstuk Lukas 5