Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 24:46-52 Bybel vir Almal (ABA)

46. Hy het vir hulle gesê: “Daar is in die Ou Testament geskryf dat die Christus sal swaarkry en dat Hy op die derde dag weer sal begin lewe.

47. Daar is geskryf dat die mense wat in God glo, vir al die volke moet vertel dat God mense se sondes vergewe as hulle in Christus glo en as hulle verander en lewe soos God wil hê. Julle moet in Jerusalem begin

48. en vir die mense vertel wat julle van My gesien en gehoor het.

49. En onthou, Ek sal vir julle die Heilige Gees stuur wat my Vader belowe het. Maar julle moet in Jerusalem bly totdat God vir julle krag gegee het.”

50. Toe het Jesus gesê die apostels moet saam met Hom gaan. Hy het hulle geneem tot by die stad Betanië. Jesus het sy hande uitgesteek en Hy het hulle geseën.

51. Hy het hulle geseën terwyl Hy weggegaan het van hulle. God het Hom na die hemel geneem.

52. Die apostels het Jesus aanbid en daarna het hulle teruggegaan na Jerusalem. Hulle was baie bly.

Lees volledige hoofstuk Lukas 24