Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 21:8-16 Bybel vir Almal (ABA)

8. Jesus het vir hulle gesê: “Julle moet oppas dat niemand julle bedrieg nie. Baie mense sal my Naam gebruik en sê: ‘Dit is Ek! Ek is die Christus!’ Hulle sal ook sê: ‘Die regte tyd het nou gekom.’ Maar julle moet hulle nie glo nie.

9. Julle moenie skrik wanneer julle hoor die mense maak oorlog of hulle is ongehoorsaam aan hulle regerings nie. Hierdie dinge moet eers gebeur, maar dit is dan nog nie dadelik die einde van alles nie.”

10. Toe het Jesus vir die mense gesê: “Die een volk sal teen die ander volk oorlog maak, die mense van een land sal teen die mense van ’n ander land oorlog maak.

11. Daar sal groot aardbewings wees, op baie plekke sal daar hongersnood wees. Baie mense sal siek word en sterf. Daar sal vreeslike dinge gebeur, en daar sal tekens in die lug wees, tekens wat ’n mens bangmaak.

12. Maar voor al hierdie dinge gebeur, sal die mense julle vang en hof toe vat in die sinagoges, en hulle sal julle in die tronk gooi. Hulle sal julle ook hof toe vat voor konings en goewerneurs omdat julle aan My behoort.

13. Dan kan julle vir hulle van My vertel.

14. Julle moet besluit om nie voor die tyd gereed te maak vir wat julle sal sê wanneer julle in die hof kom nie,

15. want Ek sal vir julle sê wat julle moet sê. Julle sal soos wyse mense praat en julle vyande sal nie weet wat om te antwoord nie, hulle sal nie kan sê julle praat verkeerd nie.

16. Ook julle ouers, julle broers, julle familie en julle vriende sal vir julle hof toe vat. Hulle sal party van julle ook doodmaak.

Lees volledige hoofstuk Lukas 21