Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 21:4-9 Bybel vir Almal (ABA)

4. Al hierdie ryk mense het baie geld om in te gooi en daarna het hulle nog baie geld. Hierdie vrou is baie arm, maar sy het alles ingegooi, sy het nie meer geld om kos te koop nie.”

5. Party van die mense het gepraat oor hoe mooi die tempel is. Die bouers het die mure gebou met mooi klippe en hulle het dit mooi gemaak met gewyde presente. Toe sê Jesus:

6. “Daar sal ’n tyd kom wanneer vyande al hierdie geboue sal afbreek. Daar sal nie een muur regop bly staan nie.”

7. Die mense het toe vir Jesus gevra: “Wanneer sal die dinge gebeur waarvan U praat? Watter teken sal vir ons wys wanneer al hierdie dinge sal gebeur?”

8. Jesus het vir hulle gesê: “Julle moet oppas dat niemand julle bedrieg nie. Baie mense sal my Naam gebruik en sê: ‘Dit is Ek! Ek is die Christus!’ Hulle sal ook sê: ‘Die regte tyd het nou gekom.’ Maar julle moet hulle nie glo nie.

9. Julle moenie skrik wanneer julle hoor die mense maak oorlog of hulle is ongehoorsaam aan hulle regerings nie. Hierdie dinge moet eers gebeur, maar dit is dan nog nie dadelik die einde van alles nie.”

Lees volledige hoofstuk Lukas 21