Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 18:28-39 Bybel vir Almal (ABA)

28. Petrus het vir Jesus gesê: “Kyk na ons, ons het ons mense en ons goed gelos en ons gaan saam met U.”

29. Jesus het vir die dissipels gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: As iemand sy huis los of sy vrou of sy broers of sy ouers of sy kinders omdat hy gehoorsaam is aan God wat Koning is,

30. dan sal hy baie meer terugkry. Hy sal baie terugkry nou, in hierdie tyd. Maar daar kom ’n nuwe tyd, en dan sal hy die ewige lewe kry.”

31. Jesus het met die twaalf dissipels gepraat. Hy het vir hulle gesê: “Luister, ons gaan na Jerusalem, en alles wat die profete oor die Seun van die mens geskryf het, sal daar met My gebeur.

32. Die Joodse leiers sal My vir die heidene gee, en die heidene sal My spot en sleg van My praat en op My spoeg

33. en My met ’n sweep slaan en My doodmaak. Maar op die derde dag sal Ek weer lewe.”

34. Die dissipels het niks verstaan wat Jesus gesê het nie. God het hulle nie laat verstaan wat hierdie woorde beteken nie. Hulle kon dit nie verstaan nie.

35. Toe Jesus naby die stad Jerigo kom, was daar ’n blinde man wat langs die pad gesit en bedel het.

36. Die blinde man het gehoor toe baie mense daar verbygaan, en hy het gevra wat daar gebeur.

37. Hulle het vir hom gesê dit is Jesus van Nasaret wat verbygaan.

38. Toe begin die blinde man skree: “Jesus, Seun van Dawid, U moet asseblief jammer wees vir my en U moet my help!”

39. Die mense wat voor geloop het, het met hom geraas en gesê hy moet stilbly, maar hy het aangehou en nog harder geskree: “Seun van Dawid, U moet asseblief jammer wees vir my en U moet my help!”

Lees volledige hoofstuk Lukas 18