Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 18:20-34 Bybel vir Almal (ABA)

20. Jy weet wat God in sy tien gebooie gesê het: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie oor ander mense lieg nie, jy moet jou ouers respekteer.’ ”

21. Die man het vir Jesus gesê: “Vandat ek klein was, het ek alles gedoen wat God se wette sê.”

22. Toe Jesus dit hoor, het Hy vir hom gesê: “Jy moet nog een ding doen: Gaan verkoop alles wat jy het en deel die geld uit vir die arm mense. Dan sal jy ryk wees in die hemel. Kom dan hier en gaan saam met My.”

23. Die man het baie hartseer geword toe hy hoor wat Jesus sê, want hy was baie ryk.

24. Toe Jesus sien hoe hartseer die ryk man word, het Hy gesê: “Ryk mense sal nie maklik inkom waar God Koning is nie.

25. ’n Ryk man sal moeilik inkom waar God Koning is, ’n kameel sal makliker deur die oog van ’n naald kan gaan.”

26. Die mense wat dit gehoor het, sê toe: “As dit so is, wie sal kan inkom waar God Koning is?”

27. Jesus het lank na hulle gekyk en Hy het gesê: “Mense kan nie self daar inkom nie, net God kan hulle laat inkom. God kan alles doen wat Hy wil doen.”

28. Petrus het vir Jesus gesê: “Kyk na ons, ons het ons mense en ons goed gelos en ons gaan saam met U.”

29. Jesus het vir die dissipels gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: As iemand sy huis los of sy vrou of sy broers of sy ouers of sy kinders omdat hy gehoorsaam is aan God wat Koning is,

30. dan sal hy baie meer terugkry. Hy sal baie terugkry nou, in hierdie tyd. Maar daar kom ’n nuwe tyd, en dan sal hy die ewige lewe kry.”

31. Jesus het met die twaalf dissipels gepraat. Hy het vir hulle gesê: “Luister, ons gaan na Jerusalem, en alles wat die profete oor die Seun van die mens geskryf het, sal daar met My gebeur.

32. Die Joodse leiers sal My vir die heidene gee, en die heidene sal My spot en sleg van My praat en op My spoeg

33. en My met ’n sweep slaan en My doodmaak. Maar op die derde dag sal Ek weer lewe.”

34. Die dissipels het niks verstaan wat Jesus gesê het nie. God het hulle nie laat verstaan wat hierdie woorde beteken nie. Hulle kon dit nie verstaan nie.

Lees volledige hoofstuk Lukas 18