Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 17:9-20 Bybel vir Almal (ABA)

9. Jy sê nie vir die slaaf dankie nie, want hy het gedoen wat hy móét doen.”

10. Jesus sê toe vir sy dissipels: “Julle is ook soos slawe. Wanneer julle doen wat Ek vir julle gesê het om te doen, dan moet julle sê: ‘Ons het gedoen wat ons móét doen, ons dink nie dat die Here ons daarvoor moet beloon nie.’ ”

11. Jesus was nog op pad na Jerusalem. Hy was op die grens tussen Samaria en Galilea.

12. Toe Hy by ’n dorpie wou ingaan, kom daar tien melaatse mans na Hom toe. Hulle het gaan staan voordat hulle naby Hom was

13. en hulle het hard geroep: “Jesus, Meneer, U moet asseblief jammer wees vir ons en U moet ons help.”

14. Jesus het hulle gesien en Hy het vir hulle gesê: “Gaan wys julleself vir die priesters.”Toe hulle weggaan, het hulle gesond geword. God het hulle rein gemaak.

15. Hulle het gesien hulle is gesond, maar net een van hulle het omgedraai en God geprys, so hard dat baie mense dit kon hoor.

16. Hy het by die voete van Jesus gekniel met sy gesig teen die grond en hy het vir Jesus dankie gesê. Hy was ’n Samaritaan.

17. Jesus was verbaas en Hy sê toe: “God het tien melaatse mans gesond gemaak. Waar is die ander nege?

18. Het hulle nie ook dankbaar gevoel en teruggekom om God te prys nie? Hierdie man is nie ’n Jood nie, maar hy alleen het dankbaar gevoel.”

19. Jesus het vir die Samaritaanse man gesê: “Staan op en gaan huis toe. Jy het geglo, en daarom het God jou gered.”

20. Die Fariseërs het vir Jesus gevra: “Wanneer sal almal weet dat God Koning is?” Jesus het vir hulle gesê: “’n Mens kan nie voor die tyd uitvind wanneer dit sal gebeur nie.

Lees volledige hoofstuk Lukas 17