Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 15:27-32 Bybel vir Almal (ABA)

27. Die slaaf het gesê: ‘Jou broer is hier, en jou pa is bly hy het jou broer gesond teruggekry. Daarom het hy die kalf geslag wat hy vetgemaak het.’

28. Toe word die oudste seun baie kwaad en hy wou nie in die huis ingaan nie. Sy pa het uitgekom en hy het vir die seun gesoebat om in te gaan.

29. Hy het vir sy pa gesê: ‘Luister, Pa, ek werk al so baie jare vir jou en ek was nog altyd gehoorsaam, maar jy het nooit vir my ’n bokkie gegee sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie.

30. Maar hierdie seun van jou het al jou goed by prostitute uitgemors, en toe hy hier aankom, toe slag jy vir hóm die kalf wat jy vetgemaak het!’

31. Die pa sê toe vir die oudste seun: ‘My kind, jy is altyd by my, en alles wat ek het, is joune.

32. Ons móét vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en hy lewe weer, hy was weg en ons het hom weer gekry.’ ”

Lees volledige hoofstuk Lukas 15