Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 15:11-19 Bybel vir Almal (ABA)

11. Jesus het ook gesê: “’n Man het twee seuns gehad.

12. Die jongste seun het vir sy pa gesê: ‘Pa, gee vir my die goed wat ek van Pa moet erf.’ Die pa het toe vir elke seun gegee wat hy moet kry.

13. Kort daarna het die jongste seun al sy goed verkoop en hy het van die huis weggegaan na ’n ver land. Daar het hy wild gelewe en hy het sy geld uitgemors.

14. Toe hy al sy geld uitgemors het, het daar ’n groot hongersnood in daardie land gekom. Die seun het begin swaarkry.

15. Toe gaan werk hy by een van die mense van daardie land. Die man het hom gestuur om sy varke in die veld te laat wei.

16. Die seun het gewens hy kan saam met die varke eet van die peule sodat hy nie meer honger is nie, maar niemand het dit vir hom gegee nie.

17. Hy het toe ernstig begin dink oor sy lewe en hy het vir homself gesê: ‘My pa het baie mense wat vir hom werk, en hulle het almal genoeg kos. Maar ek? Hier sit ek en ek gaan amper dood van die honger.

18. Ek sal opstaan en na my pa toe gaan en ek sal vir hom sê: Pa, ek het sonde gedoen teen God en teen jou.

19. Ek is nie meer goed genoeg om jou seun te wees nie. Kan ek een van die mense wees wat vir jou werk?’

Lees volledige hoofstuk Lukas 15