Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 19:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Toe het Pilatus vir die soldate gesê hulle moet vir Jesus met ’n sweep slaan.

2. Die soldate het ’n kroon van dorings gevleg en hulle het dit op Jesus se kop gesit. Hulle het vir Jesus pers klere aangetrek.

3. Toe het hulle weer en weer na Hom toe geloop en gesê: “Ons groet jou, Koning van die Jode!”Elke maal het hulle Hom geklap.

4. Pilatus het weer buitetoe gegaan. Hy het vir die Jode gesê: “Kyk, ek sal nou vir Jesus buitetoe laat kom na julle toe, sodat julle kan weet ek dink Jesus het niks verkeerd gedoen nie.”

5. Toe het Jesus buitetoe gekom. Die doringkroon was nog op sy kop en Hy het nog die pers klere aangehad. Pilatus het vir die Jode gesê: “Kyk hoe lyk die man nou!”

6. Toe die priesterleiers en hulle wagte vir Jesus sien, skree hulle vir Pilatus: “Jy moet hom kruisig! Jy moet hom kruisig!”Pilatus het vir hulle gesê: “Nee, vat júlle hom en gaan kruisig hom. Ek dink hy het niks verkeerd gedoen nie.”

Lees volledige hoofstuk Johannes 19