Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 14:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Jesus het ook vir die dissipels gesê: “Julle moenie bekommerd wees nie! Julle moet in God glo en julle moet in My glo.

2. Daar is baie plek om te woon in my Vader se huis. Ek praat die waarheid wanneer Ek sê Ek gaan na my Vader se huis om julle plek gereed te maak.

3. Wanneer Ek gegaan het en julle plekke gereedgemaak het, dan sal Ek terugkom. Dan sal Ek julle saam met My neem sodat julle kan wees waar Ek is.

4. Ek weet julle ken die pad na die plek waarnatoe Ek gaan.”

Lees volledige hoofstuk Johannes 14