Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 13:7-13 Bybel vir Almal (ABA)

7. Jesus het vir Petrus gesê: “Jy verstaan nie nou wat Ek doen nie, maar jy sal later verstaan.”

8. Petrus het vir Jesus gesê: “U mag nooit my voete was nie.”Jesus het vir hom gesê: “As Ek nie jou voete was nie, dan kan jy nie my dissipel wees nie.”

9. Simon Petrus sê toe vir Jesus: “Here, dan moet U my voete en my hande en my kop was.”

10. Jesus het vir hom gesê: “Wanneer ’n mens klaar gebad het, dan is jou liggaam klaar skoon. Dan is dit net jou voete wat jy moet was. Julle wat hier by My is, is skoon, maar nie almal nie.”

11. Jesus het geweet Judas sal Hom verraai. Daarom het Hy gesê: “Julle is nie almal skoon nie.”

12. Toe Jesus die dissipels se voete klaar gewas het, het Hy sy bo-kleed aangetrek. Hy het weer by die tafel gaan sit en Hy het vir die dissipels gevra: “Verstaan julle wat dit beteken dat Ek julle voete gewas het?

13. Julle noem My ‘Meneer’ en ‘Here.’ Dit is reg, want dit is wat Ek is.

Lees volledige hoofstuk Johannes 13