Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 11:4-13 Bybel vir Almal (ABA)

4. Toe Jesus hoor dat Lasarus siek is, het Hy gesê: “Hierdie siekte sal nie vir Lasarus doodmaak nie. God sal sy siekte gebruik om te wys dat Hy God is. Dan sal die mense kan sien dat Ek, die Seun van God, ook God is.”

5. Jesus was lief vir Marta en haar suster en vir Lasarus.

6. Jesus het gehoor dat Lasarus siek is, maar Hy het nog twee dae op die plek gebly waar Hy was.

7. Toe het Jesus vir sy dissipels gesê: “Kom ons gaan weer na Judea.”

8. Sy dissipels het gesê: “Rabbi, nie lank gelede nie wou die Jode U daar doodgooi met klippe. Hoekom wil U nou weer daarnatoe gaan?”

9. Jesus het gesê: “’n Dag het twaalf ure. Wanneer ’n mens in die dag loop, dan val hy nie, want hy sien die lig van die son, die lig van hierdie wêreld.

10. Maar wanneer iemand in die nag loop, dan val hy, want daar is nie lig nie.”

11. Toe sê Jesus: “Ons vriend Lasarus slaap, maar Ek gaan om hom wakker te maak.”

12. Die dissipels sê toe vir Hom: “Here, dit is goed dat hy slaap. Dan sal hy gesond word.”

13. Toe Jesus gesê het Lasarus slaap, het dit beteken Lasarus is dood. Die dissipels het gedink Jesus praat van slaap soos ’n mens in die nag slaap.

Lees volledige hoofstuk Johannes 11