Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 10:15-26 Bybel vir Almal (ABA)

15. soos die Vader My ken en soos Ek die Vader ken. Ek sal sterf sodat my skape kan lewe.

16. Ek het ook ander skape wat nie in hierdie kraal is nie. Ek moet ook voor hulle loop. Hulle sal ook na my stem luister. Al my skape sal eendag in een trop wees en Ek sal die hele trop se herder wees.

17. Die Vader is lief vir My, want Ek sal sterf sodat my skape kan lewe. Ek sal sterf sodat Ek weer kan lewe.

18. Dit is nie iemand anders wat besluit dat Ek moet sterf nie. Nee, Ek het self besluit dat Ek sal sterf. Ek kan self besluit dat Ek sal sterf en weer begin lewe. Dit is wat my Vader gesê het Ek moet doen.”

19. Toe die Jode hoor wat Jesus alles sê, het hulle baie met mekaar gestry.

20. Party Jode het gesê: “Dit is ’n duiwel wat hom so laat praat. Hy is mal, julle moenie luister na hom nie!”

21. Ander Jode het gesê: “Nee, wanneer ’n duiwel iemand laat praat, dan sal hy nie praat soos Jesus praat nie. ’n Duiwel kan ook nie blinde mense laat sien nie.”

22. Dit was tyd vir die Fees van die Tempelwyding in Jerusalem. Dit was winter en

23. Jesus het in die tempel geloop in die Pilaargang van Salomo.

24. Party Jode het rondom Jesus kom staan. Hulle het vir Hom gesê: “Hoe lank moet ons nog wag en onseker wees? As jy die Christus is, dan moet jy dit vir ons reguit sê.”

25. Jesus het vir hulle gesê: “Ek het dit klaar vir julle gesê, maar julle glo My nie. Ek doen die dinge wat my Vader gesê het Ek moet doen. Daardie dinge wys wie Ek is.

26. Julle glo My nie, want julle is nie my skape nie.

Lees volledige hoofstuk Johannes 10