hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13

Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 3 Bybel vir Almal (ABA)

Jesus is belangriker as Moses

1. My vriende wat saam met my aan Christus behoort, God het vir julle ook gekies, en daarom moet julle onthou dat ons wat glo, sê dat Jesus ons Apostel en Hoëpriester is.

2. Jesus het alles goed gedoen wat God gesê het Hy moet doen, soos Moses ook alles goed gedoen het vir almal wat aan God behoort.

3. Want God het geweet dat Jesus belangriker is as Moses, en so is die een wat ’n huis bou, ook belangriker as die huis wat hy gebou het.

4. Want dit is ’n mens wat ’n huis bou, maar dit is God wat alles gemaak het wat daar is.

5. Dit is waar dat Moses alles goed gedoen het vir almal wat aan God behoort. Moses het alles gedoen soos iemand wat vir ander mense werk. Hy het dit gedoen sodat hy vir hulle kon vertel van al die dinge wat God later vir hulle sal sê.

6. Maar Christus is anders as Moses, Christus is God se Seun, en Hy het alles gedoen vir almal wat aan God behoort. En ons behoort aan God as ons nie bang is nie en as ons aanhou glo. Ons is baie seker van die dinge wat ons glo.

Julle moet oppas dat julle nie ophou om te glo nie

7. Daarom, die Heilige Gees sê: Vandag, wanneer julle luisterna wat God sê,

8. dan moet julle nie hardkoppigwees nie,soos toe julle opstandigwas teen Godop die dag toe julle vir Homin die woestyn getoets het.

9-10. Julle voorvaders het daar40 jaar lank gesienwat Ek gedoen het,maar hulle het My getoets,hulle wou kyk of Ek hullesal straf.Daarom was Ek kwaadvir daardie geslagen Ek het gesê:“Hulle is mense wat nooit weetwat hulle doen nie,hulle wil nie lewe soos Ekwil hê nie.”

11. Ek was kwaad en Ek het gesê:“So seker soos Ek lewe,hulle sal nie kom in die landwaar Ek hulle veiligwou laat woonen laat rus nie.”

12. My vriende, daarom moet julle oppas dat nie een van julle so sleg en opstandig word dat julle ophou om te glo in die God wat lewe nie.

13. Maar julle moet mekaar help om reg te lewe, sodat niemand van julle hardkoppig word omdat die sonde hom verlei nie. Julle moet dit doen elke dag wat julle lewe, elke dag wanneer julle kan sê dit is nog “vandag.”

14. Want ons is Christus se vriende en ons werk saam met Hom as ons tot aan die einde aanhou om vas te hou aan die dinge wat ons in die begin geglo het.

15. Dit is soos die Ou Testament sê: Vandag, wanneer julle luisterna wat God sê,dan moet julle nie sohardkoppig weessoos toe julle opstandig wasteen God nie.

16. Wie is daardie mense wat gehoor het wat God gesê het, maar wat opstandig was? Dit is al die mense wat saam met Moses uit die land Egipte getrek het, dit is seker.

17. Vir wie was God 40 jaar lank kwaad? Hy was kwaad vir die mense wat sonde gedoen het, daardie mense se dooie liggame het in die woestyn gelê.

18. God het gesê: “So seker soos Ek lewe, hulle sal nie kom in die land waar Ek hulle veilig wou laat woon en laat rus nie.” Vir wie het God dit gesê? Hy het dit gesê vir die mense wat nie geluister het na Hom nie.

19. Daarom sien ons dat hulle nie kon ingaan in die land nie omdat hulle nie in God geglo het nie.