Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 2:11-18 Bybel vir Almal (ABA)

11. Ja, Jesus wy mense om aan Hom te behoort, en die mense wat Hy wy, het almal dieselfde Vader. Daarom is Jesus nie skaam om hulle broer te wees nie.

12. Want Jesus sê: Ek sal vir my vriendevertel wat U gedoen het,Ek sal U prys daar waar hullebymekaar is.

13. En Jesus sê ook: Ek sal aanhou om op Homte vertrou,en Hier is Ek en die kinderswat God vir My gegee het.

14. Hierdie kinders was regte mense, en daarom het Jesus ook ’n regte mens geword, soos hulle. Jesus was ’n mens sodat Hy kon sterf en so kon Hy die krag heeltemal wegvat van die een wat sterker is as die dood, dit is die duiwel.

15. Jesus het ’n mens geword sodat Hy al die mense vry kon maak wat hulle hele lewe lank soos slawe was omdat hulle bang was om te sterf.

16. Want dit is seker: Jesus is nie bekommerd oor die engele nie, Hy is bekommerd oor die nageslag van Abraham.

17. Daarom moes Hy in alles word soos sy broers, sodat Hy goed kan wees vir hulle en ’n Hoëpriester kan wees wat sy werk goed doen. Sy werk is om te doen wat God wil hê en om die sondes van die volk te versoen.

18. Jesus het self baie swaar gekry, en die duiwel het probeer om Hom te verlei, daarom kan Hy mense help wanneer die duiwel hulle ook wil verlei.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 2