Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 13:7-17 Bybel vir Almal (ABA)

7. Julle moet aanhou dink aan julle leiers, hulle wat vir julle die boodskap van God gebring het. Julle moet aanhou om te dink aan die einde van hulle lewe, en julle moet in God glo soos julle leiers geglo het.

8. Jesus Christus is gister en vandag dieselfde, Hy bly altyd dieselfde.

9. Julle moenie dat mense vir julle baie nuwe dinge wil leer en vir julle verlei nie. Dit is goed wanneer die genade van God julle geloof sterk maak, want die mense sê vir julle wat julle moet eet en wat julle nie moet eet nie, maar daardie dinge kan nie julle geloof sterk maak nie. Die wette wat hierdie mense vir julle geleer het, het nie vir hulleself gehelp nie.

10. Maar ons wat in Christus glo, het ’n altaar, en die priesters wat in die tempel-tent werk, mag nie eet van die offers op die altaar nie.

11. Want die hoëpriester het die bloed van die diere wat hy ge-offer het, ingebring in die hoog-gewyde kamer, dit was ’n offer om te betaal vir die sonde. Maar iemand het die liggame van die offer-diere wat die hoëpriester ge-offer het, buite die kamp verbrand.

12. Daarom het ook Jesus buite die stad se poort swaargekry en gesterf sodat Hy met sy eie bloed die volk kon wy, ja, Hy het dit gedoen toe Hy vir ons gesterf het.

13. Daarom moet ons uitgaan na Jesus toe, Hy is buite die kamp. Ons moet gaan terwyl die mense ook vir ons beledig soos hulle vir Hom beledig het.

14. Want hier op die aarde het ons nie ’n stad wat vir altyd daar sal wees nie, maar ons wil graag die stad hê wat later sal kom.

15. Jesus help vir ons, en daarom moet ons aanhou om ’n offer vir God te bring, ons moet Hom prys sodat almal dit kan hoor.

16. Julle moenie vergeet om baie goeie dinge te doen nie, julle moet graag van julle eie goed vir ander mense gee, want God is baie tevrede met daardie soort offers.

17. Julle moet luister na julle leiers en julle moet doen wat hulle vir julle sê, want hulle hou aan om julle op te pas, hulle sal eendag vir God moet sê hoe dit met julle gaan. As julle luister na hulle, dan sal hulle bly kan wees terwyl hulle vir julle help, hulle sal dan nie kla en sug nie, want dit sal nie goed wees vir julle nie.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 13