Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 13:1-14 Bybel vir Almal (ABA)

1. Julle is gelowiges, julle moet aanhou om lief te wees vir mekaar.

2. Julle moet aanhou om vriendelik te wees met vreemdelinge, want party mense wat dit gedoen het, was vriendelik met engele, maar hulle het nie geweet dat dit engele is nie.

3. Julle moet aanhou dink aan die gevangenes, julle moet voel soos mense wat self ook gevangenes is. Julle moet ook dink aan die mense wat swaarkry, julle moet self voel soos mense wat ’n liggaam het en wat swaarkry.

4. Almal moet die huwelik respekteer, en mans en vrouens wat getroud is, moet net aan mekaar behoort, want God sal mense oordeel wat onsedelik lewe en egbreuk pleeg.

5. Julle moenie baie lief wees vir geld nie, julle moet tevrede wees met dit wat julle het. Want God het gesê: “Ek sal jou nooit los nie, Ek sal nooit weggaan van jou nie.”

6. Daarom moet ons nie moedeloos wees nie, ons moet sê: Die Here help my,en ek sal nie bang wees nie.Dan kan ’n mens niks slegaan my doen nie.

7. Julle moet aanhou dink aan julle leiers, hulle wat vir julle die boodskap van God gebring het. Julle moet aanhou om te dink aan die einde van hulle lewe, en julle moet in God glo soos julle leiers geglo het.

8. Jesus Christus is gister en vandag dieselfde, Hy bly altyd dieselfde.

9. Julle moenie dat mense vir julle baie nuwe dinge wil leer en vir julle verlei nie. Dit is goed wanneer die genade van God julle geloof sterk maak, want die mense sê vir julle wat julle moet eet en wat julle nie moet eet nie, maar daardie dinge kan nie julle geloof sterk maak nie. Die wette wat hierdie mense vir julle geleer het, het nie vir hulleself gehelp nie.

10. Maar ons wat in Christus glo, het ’n altaar, en die priesters wat in die tempel-tent werk, mag nie eet van die offers op die altaar nie.

11. Want die hoëpriester het die bloed van die diere wat hy ge-offer het, ingebring in die hoog-gewyde kamer, dit was ’n offer om te betaal vir die sonde. Maar iemand het die liggame van die offer-diere wat die hoëpriester ge-offer het, buite die kamp verbrand.

12. Daarom het ook Jesus buite die stad se poort swaargekry en gesterf sodat Hy met sy eie bloed die volk kon wy, ja, Hy het dit gedoen toe Hy vir ons gesterf het.

13. Daarom moet ons uitgaan na Jesus toe, Hy is buite die kamp. Ons moet gaan terwyl die mense ook vir ons beledig soos hulle vir Hom beledig het.

14. Want hier op die aarde het ons nie ’n stad wat vir altyd daar sal wees nie, maar ons wil graag die stad hê wat later sal kom.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 13