Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 9:32-43 Bybel vir Almal (ABA)

32. Petrus het van die een plek na die ander plek gegaan. Hy het ook gekom by mense wat in die stad Lidda woon en wat in die Here glo.

33. Petrus sien toe daar ’n man, sy naam was Eneas. Hy het ag jaar lank op sy slaapmat gelê omdat hy lam was.

34. Petrus sê toe vir hom: “Eneas, Jesus Christus maak jou gesond. Jy moet opstaan en jy moet jou slaapmat opvou!”Eneas het toe dadelik opgestaan.

35. Al die mense van Lidda en die Saron-vlakte het Eneas gesien, en hulle het verander en begin lewe soos die Here wil hê.

36. In die stad Joppe was daar ’n gelowige vrou. In die Aramese taal was haar naam Tabita. In die Griekse taal was haar naam Dorkas. Hierdie vrou het baie goeie dinge gedoen en sy het altyd arm mense gehelp.

37. Sy het in daardie tyd siek geword en gesterf. Nadat mense haar liggaam gewas het, het hulle dit in die bo-kamer neergesit.

38. Die stad Lidda was naby Joppe, en die gelowiges het gehoor dat Petrus daar in Lidda was. Daarom het hulle twee mans na Petrus toe gestuur om mooi vir hom te vra: “Kom asseblief gou na ons toe!”

39. Petrus staan toe op en gaan saam met hulle. Toe hy daar kom, het hulle hom na die bo-kamer geneem. Al die weduwees het by hom gestaan en huil, en hulle het vir Petrus die klere gewys wat Dorkas altyd gemaak het toe sy nog gelewe het.

40. Petrus het almal uitgestuur en toe het hy gekniel en gebid. Toe het hy na die liggaam gedraai en gesê: “Tabita, staan op!”Tabita het haar oë oopgemaak, en toe sy vir Petrus sien, het sy regop gesit.

41. Petrus het toe Dorkas se hand geneem en hy het vir haar gehelp om op te staan. Toe het Petrus die weduwees en die ander gelowiges geroep, en hy het die vrou wat weer begin lewe het, voor hulle laat staan.

42. Al die mense in die stad Joppe het gehoor wat Petrus gedoen het, en baie mense het in die Here begin glo.

43. Petrus het ’n lang tyd in Joppe gebly by ’n leerlooier. Die man se naam was Simon.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 9