Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 7:53-60 Bybel vir Almal (ABA)

53. Julle is die mense wat die wette van God gekry het. God het die engele gebruik om dit vir julle te gee. Maar julle was nie gehoorsaam aan God se wette nie.”

54. Toe die Joodse Raad hierdie dinge hoor, het hulle baie kwaad geword, hulle was woedend. Hulle het op hulle tande gebyt, want hulle was baie kwaad vir Stefanus.

55. Maar die Heilige Gees was in Stefanus. Stefanus het reguit opgekyk na die hemel, en hy het gesien dat God Koning is. Hy het ook vir Jesus gesien wat staan op die belangrikste plek langs God.

56. Toe sê Stefanus: “Kyk, ek sien dat die hemel oop is en ek sien die Seun van die mens wat staan op die belangrikste plek langs God.”

57. Maar die Joodse Raad het hard geskree en hulle het hulle ore toegedruk, want hulle wou nie hoor nie. Hulle het almal saam na Stefanus toe gehardloop

58. en hulle het hom uitgejaag tot buite die stad. Toe het hulle begin om hom met klippe te gooi. En die getuies het hulle bo-klere neergesit by die voete van ’n jongman, sy naam was Saulus.

59. En terwyl die Joodse Raad vir Stefanus met klippe gooi, het Stefanus gebid en gesê: “Here Jesus, neem my gees.”

60. Toe het hy op sy knieë geval en hy het hard geskree: “Here, die mense maak my dood, maar U moenie vir hulle straf oor hierdie sonde nie, want hulle weet nie wat hulle doen nie.”En nadat hy dit gesê het, het hy gesterf.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 7