Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 7:47-60 Bybel vir Almal (ABA)

47. Maar dit was Dawid se seun Sálomo wat ’n tempel gebou het vir God.

48. Maar God wat in die hoogste hemel woon, woon nie in tempels nie, want dit is mense wat tempels bou. Dit is wat die profeet sê:

49. “Die Here sê: Die hemelis my troon,die aarde is die plek waaropEk my voete sit.Dink julle dat julle vir Mý’n huis kan bouwaar Ek kan woon?Dit sê die Here.Dink julle dat daar ’n plek iswaar Ek moet rus?

50. Ek het alles gemaakmet my eie hande.

51. “Julle is hardkoppig! Julle dink in julle hart soos die heidene dink, en julle wil nie luister nie. Julle stry altyd teen die Heilige Gees. Julle doen dieselfde wat julle voorvaders gedoen het.

52. Julle voorvaders het slegte dinge gedoen aan al die profete. Julle voorvaders het die mense doodgemaak wat gesê het dat die Regverdige sal kom. En nou het júlle Hom verraai en vermoor.

53. Julle is die mense wat die wette van God gekry het. God het die engele gebruik om dit vir julle te gee. Maar julle was nie gehoorsaam aan God se wette nie.”

54. Toe die Joodse Raad hierdie dinge hoor, het hulle baie kwaad geword, hulle was woedend. Hulle het op hulle tande gebyt, want hulle was baie kwaad vir Stefanus.

55. Maar die Heilige Gees was in Stefanus. Stefanus het reguit opgekyk na die hemel, en hy het gesien dat God Koning is. Hy het ook vir Jesus gesien wat staan op die belangrikste plek langs God.

56. Toe sê Stefanus: “Kyk, ek sien dat die hemel oop is en ek sien die Seun van die mens wat staan op die belangrikste plek langs God.”

57. Maar die Joodse Raad het hard geskree en hulle het hulle ore toegedruk, want hulle wou nie hoor nie. Hulle het almal saam na Stefanus toe gehardloop

58. en hulle het hom uitgejaag tot buite die stad. Toe het hulle begin om hom met klippe te gooi. En die getuies het hulle bo-klere neergesit by die voete van ’n jongman, sy naam was Saulus.

59. En terwyl die Joodse Raad vir Stefanus met klippe gooi, het Stefanus gebid en gesê: “Here Jesus, neem my gees.”

60. Toe het hy op sy knieë geval en hy het hard geskree: “Here, die mense maak my dood, maar U moenie vir hulle straf oor hierdie sonde nie, want hulle weet nie wat hulle doen nie.”En nadat hy dit gesê het, het hy gesterf.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 7