Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 7:13-19 Bybel vir Almal (ABA)

13. Toe hulle die tweede maal in Egipte kom, het Josef vir sy broers gesê wie hy is. Toe het die farao ook gehoor van Josef se familie.

14. Josef het toe ’n boodskap gestuur en hy het gesê sy pa Jakob en die hele familie moet na Egipte kom. Hulle was 75 mense.

15. Jakob het toe afgegaan na Egipte. Hy en ons voorvaders het later daar gesterf.

16. Die Israeliete het die liggaam van Jakob en die liggame van die voorvaders teruggeneem na die stad Sigem, en hulle het die liggame begrawe in die graf wat Abraham gekoop het by die nageslag van Hemor in Sigem.

17. “Die tyd het gekom dat God sou doen wat Hy vir Abraham belowe het. Die Israeliete het toe al klaar ’n groot volk geword in Egipte, hulle was baie mense.

18. ’n Ander man het later koning geword in Egipte. Hy het nie vir Josef geken nie.

19. Hierdie koning het ’n skelm plan gemaak teen ons volk. Hy het slegte dinge gedoen aan ons voorvaders. Hy het gesê hulle moet hulle babas buite neersit sodat die babas kan sterf.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 7