Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 4:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Petrus en Johannes was besig om met die mense te praat. Toe kom die priesters en die offisier van die wagte wat by die tempel werk en die Sadduseërs daar aan.

2. Hulle was baie kwaad en ontsteld omdat Petrus en Johannes vir die mense geleer en vertel het dat as jy in Jesus glo, dan sal jy weer lewe nadat jy gesterf het.

3. Hulle het toe vir Petrus en Johannes gevang en hulle het hulle in die tronk gesit tot die volgende dag, want dit was al klaar donker.

4. Maar baie van die mense wat gehoor het wat Petrus en Johannes sê, het begin glo. Hulle het net die mans getel, en daar was omtrent 5 000 mans.

5. Die volgende dag het die Jode se leiers en familieleiers en skrifgeleerdes in Jerusalem bymekaargekom.

6. Annas die hoëpriester, Kajafas, Johannes, Aleksander, en al die ander mans wat familie was van die hoëpriester, was ook daar.

7. Hulle het vir Petrus en Johannes in die middel laat staan en het vir hulle gevra: “Wie se krag of wie se naam het julle gebruik toe julle die lam man gesond gemaak het?”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 4