Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 26:17-22 Bybel vir Almal (ABA)

17. Ek sal jou beskerm teen jou eie volk en teen die heidene. Ek stuur jou na die heidene.

18. Hulle glo nie in My nie. Hulle is soos blinde mense, maar Ek sal jou gebruik om hulle weer te laat sien. Hulle moet verander en lewe soos God wil hê. Dan sal hulle wees soos mense wat in die donker was, maar wat na die lig gekom het. Ja, hulle moet wegdraai van die krag van Satan, hulle moet teruggaan na God toe. Dan sal God hulle sonde vergewe en hulle sal ook mense word wat aan God behoort omdat hulle in My glo.’

19. “Koning Agrippa, God het dit alles vir my laat sien en laat hoor. Daarom was ek gehoorsaam

20. en ek het gaan preek, eers vir die mense wat in Damaskus woon, en toe vir die mense wat in Jerusalem woon, en toe oral in die provinsie Judea, en ook vir die heidene. Ek het vir hulle gesê hulle moet verander en begin lewe soos God wil hê. Ja, hulle moet teruggaan na God toe en hulle moet dinge doen wat wys dat hulle verander het en dat hulle lewe soos God wil hê.

21. Dit is hoekom die Jode my in die tempel gevang het, dit is hoekom hulle my probeer doodmaak het.

22. Maar God het my gehelp, tot vandag toe. Daarom staan ek hier en ek vertel vir almal van God, ek vertel dit vir kinders en vir grootmense. In die boeke van die profete en in die Wette van Moses is die dinge geskryf wat moes gebeur. Ek praat oor daardie dinge.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 26