Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 2:8-16 Bybel vir Almal (ABA)

8. Elkeen van ons hoor sy eie taal wanneer hulle praat. Hoe gebeur dit?

9. Want ons is Jode uit verskillende volke: Perse, Mediërs, Elamiete, mense wat woon in Mesopotamië, Judea, Kappadosië, Pontus, Asië,

10. Frigië, Pamfilië, Egipte en die dele van Libië naby Sirene, en mense wat woon in Rome,

11. ook Jode en heidene wat die Jode se godsdiens aanvaar het, Kretensers en Arabiere. Ons hoor hoe praat hulle in ons eie tale oor die groot dinge wat God gedoen het.”

12. Hierdie Jode was almal verbaas en deurmekaar. Hulle het vir mekaar gesê: “Wat kan dit beteken?”

13. Maar ander mense het gespot en gesê: “Hulle is dronk.”

14. Toe staan Petrus op saam met die ander elf apostels. Hy het hard en ernstig gepraat en vir die mense gesê: “Joodse vriende, ja, almal wat in Jerusalem woon, julle moet verstaan wat hier gebeur en julle moet goed luister na wat ek vir julle sê.

15. Julle dink hierdie mense is dronk, maar hulle is nie, want dit is nou nege-uur in die oggend.

16. Die dinge wat hier gebeur, is die dinge waaroor die profeet Joël gepraat het:

Lees volledige hoofstuk Handelinge 2