Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 2:29-40 Bybel vir Almal (ABA)

29. “Vriende, julle almal weet dat ek reg is as ek vir julle sê dat ons voorvader Dawid gesterwe het en begrawe is, en dat sy graf vandag nog by ons is.

30. Maar Dawid was ’n profeet, en hy het geweet dat God vir hom belowe het dat een van sy nageslag eendag op sy troon sal sit.

31. Dawid het gesien wat later sal gebeur en daarom het hy gesê dat Christus weer sal lewe. Dawid het gesê:“God het Hom nie na die doderyklaat gaan nie,en sy liggaam het nie gesterf nie.

32. “God het vir Hóm, vir Jesus, weer laat lewe, en ons is almal getuies daarvan.

33. God het vir Jesus opgeneem in die hemel en Hy het gesê dat Jesus op die belangrikste plek langs Hom moet sit. Toe het die Vader vir Jesus die Heilige Gees gegee, die Vader het dit belowe. En Jesus het die Heilige Gees vir ons gegee. Dit is wat julle nou sien en hoor.

34. Want Dawid het nie na die hemel gegaan nie. Dawid sê self:“Die Here het vir my Here gesê:‘Jy moet hier langs My sit,op die belangrikste plek,

35. want Ek sal jou vyande verneder,en Ek sal hulle voor jou laat lêsodat jy jou voete op hulle kan sit.’

36. “Die hele Israel moet nou weet, en dit is seker: Julle het vir Jesus gekruisig, maar God het gesê dieselfde Jesus moet die Here en die Christus wees.”

37. Toe die mense hierdie woorde hoor, was hulle hartseer en ontsteld. Hulle het vir Petrus en die ander apostels gevra: “Vriende, wat moet ons doen?”

38. En Petrus het vir hulle gesê: “Julle moet verander en julle moet lewe soos God wil hê. Julle almal moet gedoop word in die Naam van Jesus Christus. Dan sal God julle sondes vergewe, en God sal die Heilige Gees vir julle gee.

39. Want God het dit belowe vir julle en vir julle kinders en ook vir al die mense wat nie Jode is nie. Ja, Hy belowe dit vir al die mense wat die Here ons God na Hom toe sal roep.”

40. Petrus het nog baie ander dinge gesê, hy het die mense gewaarsku en hy het ernstig met hulle gepraat. Hy het gesê: “Julle moet vir God vra om julle te red, julle moenie wees soos die wêreld se mense wat sonde doen nie.”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 2