Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 18:3-14 Bybel vir Almal (ABA)

3. Hulle het dieselfde soort werk gedoen soos Paulus, en daarom het hy by hulle gebly en hy het daar gewerk, want hulle werk was ook om tente te maak.

4. En Paulus het elke Sabbatdag in die sinagoge met die mense gepraat. Paulus het aangehou om te praat en hy het probeer om die Jode en die Grieke ook te laat glo wat hy glo.

5. Nadat Paulus en Silas van die provinsie Masedonië gekom het, het Paulus opgehou om tente te maak, hy het elke dag net die boodskap van Jesus vir die mense gebring. Hy het vir die Jode gesê dat dit waar is dat Jesus die Christus is.

6. Maar die Jode was téén Paulus en hulle het slegte dinge van hom gesê. Toe het hy die stof van sy klere afgeskud en vir hulle gesê: “Julle sal verlore gaan, maar dit is nie my skuld nie, júlle is skuldig. Van nou af sal ek na die heidene toe gaan.”

7. Toe het Paulus uit die sinagoge gegaan en hy het gekom in die huis van iemand wat vir God gerespekteer het. Sy naam was Titius Justus en sy huis was langs die sinagoge.

8. Krispus, die leier van die sinagoge, en al die mense in sy huis, het toe in die Here begin glo. Baie mense van die stad Korinte het ook in die Here begin glo nadat hulle van Hom gehoor het, en hulle is gedoop.

9. In die nag het die Here vir Paulus iets gewys, dit was soos in ’n droom. Die Here het toe vir hom gesê: “Jy moenie bang wees nie. Nee, jy moet aanhou om vir die mense te vertel van My en jy moenie stilbly nie,

10. want Ek is by jou. Niemand sal jou aanval nie en niemand sal slegte dinge doen aan jou nie, want in hierdie stad is daar baie mense wat aan My behoort.”

11. Paulus het toe ’n jaar en ses maande lank by die mense van Korinte gebly en hy het vir hulle geleer wat God se boodskap is.

12. Toe Gallio goewerneur van die provinsie Agaje was, het die Jode almal saam besluit om Paulus aan te val en hom na die hof te vat.

13. Die Jode het gesê: “Hierdie man, Paulus, probeer hard om vir die mense te leer dat hulle vir God moet dien op ’n manier wat teen die Wette van Moses is.”

14. Toe Paulus wou begin praat, het Gallio vir die Jode gesê: “Jode, ek praat met julle. Ek sou geduldig gewees het met julle as hierdie man ’n verkeerde of ’n baie slegte ding gedoen het.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 18