Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 18:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Nadat Paulus in die vergadering van die Areopagus gepraat het, het hy weggegaan uit die stad Atene en hy het in die stad Korinte gekom.

2. Paulus het daar ’n Jood ontmoet, sy naam was Akwila en sy familie het van die provinsie Pontus gekom. Hy en sy vrou Priscilla het kort voor daardie tyd van Italië daarnatoe gekom omdat keiser Claudius gesê het dat al die Jode moet weggaan uit die stad Rome. Paulus het na hulle toe gegaan.

3. Hulle het dieselfde soort werk gedoen soos Paulus, en daarom het hy by hulle gebly en hy het daar gewerk, want hulle werk was ook om tente te maak.

4. En Paulus het elke Sabbatdag in die sinagoge met die mense gepraat. Paulus het aangehou om te praat en hy het probeer om die Jode en die Grieke ook te laat glo wat hy glo.

5. Nadat Paulus en Silas van die provinsie Masedonië gekom het, het Paulus opgehou om tente te maak, hy het elke dag net die boodskap van Jesus vir die mense gebring. Hy het vir die Jode gesê dat dit waar is dat Jesus die Christus is.

6. Maar die Jode was téén Paulus en hulle het slegte dinge van hom gesê. Toe het hy die stof van sy klere afgeskud en vir hulle gesê: “Julle sal verlore gaan, maar dit is nie my skuld nie, júlle is skuldig. Van nou af sal ek na die heidene toe gaan.”

7. Toe het Paulus uit die sinagoge gegaan en hy het gekom in die huis van iemand wat vir God gerespekteer het. Sy naam was Titius Justus en sy huis was langs die sinagoge.

8. Krispus, die leier van die sinagoge, en al die mense in sy huis, het toe in die Here begin glo. Baie mense van die stad Korinte het ook in die Here begin glo nadat hulle van Hom gehoor het, en hulle is gedoop.

9. In die nag het die Here vir Paulus iets gewys, dit was soos in ’n droom. Die Here het toe vir hom gesê: “Jy moenie bang wees nie. Nee, jy moet aanhou om vir die mense te vertel van My en jy moenie stilbly nie,

Lees volledige hoofstuk Handelinge 18