Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 14:19-26 Bybel vir Almal (ABA)

19. Terwyl die apostels daar in Listre was, het Jode van die stede Antiogië in Pisidië en Ikonium daarnatoe gekom. Hulle het die mense anders laat dink, en die mense het vir Paulus met klippe gegooi. Daarna het hulle vir Paulus uit die stad gesleep, want hulle het gedink dat hy dood is.

20. Daar het toe gelowiges rondom Paulus kom staan. Paulus het opgestaan en hy het ingegaan in die stad. Die volgende dag het Paulus en Barnabas weggegaan uit Listre en hulle het na die stad Derbe gegaan.

21. Nadat Barnabas en Paulus die goeie boodskap in Derbe gebring het en nadat baie mense in Jesus begin glo het, het Paulus en Barnabas teruggegaan na die stede Listre, Ikonium en Antiogië in Pisidië.

22. In daardie stede het Barnabas en Paulus die gelowiges bemoedig, hulle het vir die gelowiges gesê om aan te hou om in Jesus te glo. Hulle het gesê: “Ons moet eers baie swaar kry voordat ons by God sal wees, daar waar Hy, die Koning, regeer.”

23. Barnabas en Paulus het vir elke gemeente ouderlinge gekies en aangestel, en nadat hulle gebid en gevas het, het hulle vir die Here gevra om te sorg vir die ouderlinge en die gemeentes wat in Hom geglo het.

24. Hulle het deur die provinsie Pisidië gegaan, en toe het hulle in die provinsie Pamfilië gekom.

25. En nadat hulle die boodskap van die Here in die stad Perge gebring het, het hulle na die hawestad Attalië gegaan.

26. Hulle het van daar met ’n skip weer teruggegaan na die stad Antiogië in die provinsie Sirië. Dit is daar waar die mense tot God gebid het dat Hy vir Barnabas en Paulus genadig moet wees, sodat Paulus en Barnabas die werk kon doen, die werk wat hulle nou klaargemaak het.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 14