Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 14:12-19 Bybel vir Almal (ABA)

12. Die mense het toe vir Barnabas “Zeus” genoem en hulle het vir Paulus “Hermes” genoem omdat Paulus die een was wat die meeste gepraat het.

13. Die tempel van Zeus was net buite die stad. Die priester van die tempel het toe bulle en kransies van blomme na die poort van die stad gebring, en hy wou saam met die mense die bulle vir Paulus en Barnabas offer.

14. Toe die apostels, Barnabas en Paulus, dit hoor, het hulle hulle klere geskeur. Hulle het uitgehardloop na die mense toe en het vir hulle geskree en gesê:

15. “Mense, hoekom doen julle hierdie dinge? Ons is ook mense, soos julle. Ons bring vir julle die goeie boodskap dat julle die gode moet los wat niks beteken nie, julle moet verander en lewe soos God wil hê, julle moet vir God dien, die God wat lewe. Hy het die hemel en die aarde en die see en al die dinge in die see gemaak.

16. Toe al die volke voorheen gedoen het wat hulle wou doen, het God hulle nie gestraf nie.

17. Maar God het vir die mense gewys dat Hy daar is, want Hy het goeie dinge vir hulle gegee: Hy het vir julle reën uit die lug laat val en Hy het vir julle vrugbare plante gegee. Ja, Hy het vir julle baie kos gegee en Hy het julle baie bly gemaak.”

18. Die apostels het hierdie dinge vir die mense gesê om hulle te keer sodat hulle nie offers vir die apostels bring nie, maar die apostels het baie gesukkel om die mense te keer, die mense wou dit nog doen.

19. Terwyl die apostels daar in Listre was, het Jode van die stede Antiogië in Pisidië en Ikonium daarnatoe gekom. Hulle het die mense anders laat dink, en die mense het vir Paulus met klippe gegooi. Daarna het hulle vir Paulus uit die stad gesleep, want hulle het gedink dat hy dood is.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 14