Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 12:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. In daardie tyd het koning Herodes party van die gelowiges gevang en hy het slegte dinge aan hulle gedoen.

2. Hy het Jakobus, die broer van Johannes, laat doodmaak met ’n swaard.

3. Toe Herodes sien dat die Jode dink dit is goed, het hy ook vir Petrus laat vang. Dit alles het gebeur toe dit die tyd van die Fees van die Ongesuurde Brood was.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 12