hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4

Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 2 Bybel vir Almal (ABA)

1. Julle behoort aan Christus en Hy maak julle geloof sterk. Julle is lief vir mekaar en julle help mekaar. Julle almal het die Heilige Gees in julle harte en daarom behoort julle aan mekaar. Julle is bekommerd oor mekaar en julle sorg vir mekaar.

2. Daaroor is ek bly, maar julle moet my nog blyer maak: Julle moet dieselfde dinge dink, julle moet dieselfde liefde in julle harte hê, julle moet in julle harte dieselfde voel en dieselfde dinge wil doen.

3. Wanneer julle iets doen, dan moet julle dit nie doen omdat julle selfsugtig is of omdat julle dink julle is baie belangrik nie. Julle moenie hoogmoedig wees nie, julle moet dink ander gelowiges is belangriker as julleself.

4. Julle moenie net aan julleself dink nie, julle moet ook aan die ander gelowiges dink.

Christus het vir ons gewys wat ons moet doen

5. Julle moet dink en doen soos Christus Jesus gedink en gedoen het:

6. Hy was dieselfde soos God,maar Hy het nie gedinkdat Hy altyd moet aanhouom so belangrik soos Godte wees nie.

7. Hy het Homself vernederen Hy het geword soos ’n slaaf,Hy het ’n mens geword soos ons.Toe Hy ’n mens geword het,

8. het Hy Homselfnog meer verneder,Hy was gehoorsaamen Hy het gesterf.Ja, Hy het aan die kruis gesterf.

9. Daarom het God Hombelangrik gemaak,baie belangrik.En God het vir Hom’n Naam gegee,die belangrikste van al die Name,die Naam “Here.”

10. Daarom sal almalvir Jesus aanbid,almal in die hemelen op die aardeen onder die aarde.

11. Ja, al die mense sal sêhulle glo dat Jesus Christusdie Here is,en so sal hulle vir God die Vaderprys.

Kinders van God moet gehoorsaam wees

12. Daarom, liewe vriende, moet julle doen wat ek vir julle vra. Julle het altyd gedoen wat ek vir julle gevra het toe ek by julle was. Maar nou is ek nie meer by julle nie. Daarom moet julle nou nog méér gehoorsaam wees. Julle moenie hoogmoedig wees voor God nie, julle moet Hom respekteer en dien. God wil julle red, en daarvoor moet julle aanhou werk,

13. want dit is God wat in julle harte werk en wat julle lus maak om die dinge te doen wat Hy graag wil hê. Ja, Hy laat julle doen wat Hy wil hê.

14. Julle moet dit alles doen, julle moenie daaroor kla en terugpraat nie.

15. Dan sal julle heeltemal reg lewe, julle sal niks verkeerd doen nie. Julle lewe nou tussen mense wat baie sleg is en wat sonde doen, maar julle moet God se kinders wees, julle moet reg lewe. Julle moet soos ligte wees wat in ’n donker wêreld skyn

16. en julle moet vas glo in die boodskap wat die ware lewe gee vir mense. Dan sal ek trots kan wees op julle op die dag wanneer Christus kom, want ek sal weet dat my harde werk met julle geslaag het.

17. Julle geloof is ’n offer wat julle gee om God te dien. As ek moet sterf, dan sal my bloed wees soos ’n drank-offer wat iemand by julle offer uitgooi, maar ek sal bly wees daaroor. Ja, ek sal bly wees saam met julle.

18. Julle moet ook bly wees, julle moet bly wees saam met my!

Paulus wil vir Timoteus na die stad Filippi stuur

19. Ek wil vir Timoteus gou na julle toe stuur, en ek hoop die Here Jesus sal dink dit is reg. Ek wil hoor hoe dit met julle gaan sodat ek ook beter kan voel.

20. Ek het niemand anders wat soos Timoteus is nie. Hy sal julle graag help.

21. Al die ander mense dink net aan hulle eie dinge, hulle dink nie aan die dinge van Jesus Christus nie.

22. Maar julle weet Timoteus is ’n goeie mens. Julle weet dat hy saam met my gewerk het om die goeie boodskap te bring, hy het saam met my gewerk soos ’n seun saam met sy pa werk.

23. Ek wil vir Timoteus na julle toe stuur wanneer ek weet wat hier met my sal gebeur.

24. Ek weet die Here sal sorg dat ek ook gou na julle toe sal kom.

Paulus stuur vir Epafroditos terug

25. Epafroditos is my vriend en hy het regtig baie hard saam met my gewerk. Julle het hom na my toe gestuur om my met alles te help. Ek dink dit is nou belangrik dat ek vir Epafroditos terugstuur na julle toe,

26. want hy verlang na julle almal en hy is bekommerd, hy weet julle het gehoor dat hy siek was.

27. Epafroditos was regtig baie siek en hy het amper gesterf. Maar God was goed vir hom en hy het weer gesond geword. Ja, God was goed vir Epafroditos en ook vir my, want as hy gesterf het, dan sou ek nog baie swaarder gekry het.

28. Ek stuur hom baie gou terug sodat julle hom self kan sien en weer bly kan wees. Dan sal ek minder bekommerd wees.

29. Wanneer Epafroditos terug is by julle, dan moet julle bly wees en sê hy is welkom by julle omdat hy en julle aan die Here behoort. Ja, julle moet mense soos Epafroditos respekteer.

30. Hy het amper gesterf omdat hy vir Christus gewerk het. Epafroditos het geweet dit is gevaarlik, maar hy het my kom help, hy het gedoen wat julle nie kon doen nie.