Ou Testament

Nuwe Testament

Filemon 1:4-11 Bybel vir Almal (ABA)

4. Ek sê vir my God elke maal dankie wanneer ek bid en aan jou dink,

5. want ons het gehoor dat jy lief is vir al die mense wat aan God behoort en dat jy in die Here Jesus glo.

6. Ek bid dat mense wat nie glo nie, ook die goeie dinge sal leer ken wat Christus vir ons gegee het, vir ons wat aan Christus behoort. Dan sal hulle ook in Christus glo, soos jy.

7. Liewe vriend, jou liefde vir mense het my baie bly gemaak en het my gehelp om nie moedeloos te word nie, want jy het die mense wat aan God behoort, weer bemoedig.

8. Daarom is ek nie bang om vir jou te sê wat Christus wil hê jy moet doen nie.

9. Maar jy glo ook in Christus, en ek is lief vir jou. Daarom wil ek vir jou mooi vra. Ek, Paulus, vra dit, ek wat ’n ou man is en wat in die tronk is omdat ek aan Christus Jesus behoort.

10. Ek vra vir jou mooi om vir Onesimus te help. Hy is soos my eie kind, want terwyl ek in die tronk was, het ek vir hom soos ’n pa geword toe ek vir hom die goeie boodskap van Christus Jesus gebring het.

11. Voorheen het Onesimus nie vir jou gehelp nie, maar nou kan hy vir jou en vir my help.

Lees volledige hoofstuk Filemon 1