Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 6:6-11 Bybel vir Almal (ABA)

6. Julle moenie net werk wanneer julle eienaars vir julle kyk nie, julle moenie werk sodat mense van julle kan hou nie. Nee, julle moet werk soos slawe van Christus omdat dit vir julle lekker is om te doen wat God wil hê.

7. Julle moet julle werk graag doen. Dit moet vir julle wees soos wanneer julle vir die Here self werk, nie soos wanneer julle vir mense werk nie.

8. Julle moet weet dat die Here goeie dinge sal teruggee vir almal wat goeie dinge doen, dit maak nie saak of hulle slawe of eienaars is nie.

9. En eienaars, julle moet goed wees vir julle slawe. Julle moenie aanhou sê julle sal hulle straf nie. Julle moet weet dat julle en die slawe dieselfde Eienaar in die hemel het, en Hy dink nie een mens is belangriker as ’n ander mens nie.

10. Ek wil vir julle nog één ding sê: Julle behoort aan die Here. Hy is baie sterk, Hy sal vir julle sy krag gee, en julle moet sterk wees.

11. Julle moet alles gebruik wat God vir julle gee om aan te hou oorlog maak teen die duiwel. Hy maak baie skelm planne teen julle.

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 6