Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 6:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Kinders, julle behoort aan die Here. Daarom moet julle gehoorsaam wees aan julle ouers. Dit is die regte ding om te doen.

2. In die Ou Testament is geskryf: Jy moet jou ouers respekteer.Dit is die eerste wet waarin die Here ook iets vir ons belowe.

3. Die Here belowe: As jy jou ouers respekteer,dan sal dit goed gaan met jouen jy sal lank lewe op die aarde.

4. Pa’s, julle moenie julle kinders kwaad maak nie. Julle moet hulle reg grootmaak, julle moet vir hulle leer wat hulle moet doen en wat hulle nie moet doen nie, soos die Here wil hê.

5. Slawe, julle moet gehoorsaam wees aan julle eienaars hier op die aarde. Julle moet waarlik altyd gehoorsaam wees aan hulle, soos julle gehoorsaam is aan Christus.

6. Julle moenie net werk wanneer julle eienaars vir julle kyk nie, julle moenie werk sodat mense van julle kan hou nie. Nee, julle moet werk soos slawe van Christus omdat dit vir julle lekker is om te doen wat God wil hê.

7. Julle moet julle werk graag doen. Dit moet vir julle wees soos wanneer julle vir die Here self werk, nie soos wanneer julle vir mense werk nie.

8. Julle moet weet dat die Here goeie dinge sal teruggee vir almal wat goeie dinge doen, dit maak nie saak of hulle slawe of eienaars is nie.

9. En eienaars, julle moet goed wees vir julle slawe. Julle moenie aanhou sê julle sal hulle straf nie. Julle moet weet dat julle en die slawe dieselfde Eienaar in die hemel het, en Hy dink nie een mens is belangriker as ’n ander mens nie.

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 6