Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 5:18-25 Bybel vir Almal (ABA)

18. Julle moenie wyn drink en dronk word nie, want dan doen julle verkeerde en slegte dinge. Nee, julle moet altyd doen wat die Heilige Gees wil hê julle moet doen.

19. Julle moet sing wanneer julle bymekaar is, julle moet psalms en gesange en ander liedere sing. Julle moet sing en julle moet die Here prys met julle hele hart.

20. Julle behoort aan ons Here Jesus Christus en julle moet altyd vir God ons Vader dankie sê vir alles.

21. Julle respekteer vir Christus, daarom moet julle mekaar dien.

22. Vroue, julle dien die Here, daarom moet julle ook julle mans dien,

23. want die man is die hoof van sy vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Die kerk is Christus se liggaam en Hy het die kerk gered.

24. Maar die kerk dien vir Christus, en so moet die vroue ook altyd hulle mans dien.

25. Mans, julle moet lief wees vir julle vroue, soos Christus lief is vir die kerk. Christus het gesterf sodat die kerk kan lewe.

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 5