Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 4:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek, Paulus, is in die tronk omdat ek die Here dien. Ek sê ernstig vir julle: God het julle gekies en julle behoort nou aan Hom. Daarom moet julle nou lewe soos mense wat aan Hom behoort.

2. Julle moenie hoogmoedig wees en gou kwaad word nie. Julle moet geduldig wees, julle moet mekaar vergewe omdat julle lief is vir mekaar.

3. Die Heilige Gees het julle saamgebind soos een liggaam. Julle moet baie hard probeer om te lewe soos mense wat een liggaam is, julle moet in vrede lewe.

4. Julle is een, en soos ’n mens net een liggaam het, so het julle almal dieselfde Heilige Gees in julle harte. Want God het julle almal gekies, julle almal behoort aan Hom, en julle is nou almal seker dat God sal doen wat Hy belowe het.

5. Julle het almal een Here, julle glo dieselfde dinge, julle is almal gedoop.

6. Julle behoort almal aan dieselfde God. Hy is die Vader van almal. Hy regeer oor almal en oor alles, Hy laat almal en alles vir Hom werk, Hy is in almal.

7. Christus het vir elkeen van ons die genadegawe gegee wat Hy vir ons wou gee. Die genadegawe wat Hy vir ons gegee het, is soos ’n present.

8. Daarom lees ons in die Ou Testament: Hy het opgegaan na die hemelen Hy het gevangenessaamgeneem,Hy het vir die mensepresente gegee.

9. Ons lees:Hy het opgegaan.Dit beteken Christus het eers afgekom ondertoe, na die aarde.

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 4