Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 3:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek, Paulus, is nou in die tronk omdat ek aan Christus behoort. Ek is in die tronk omdat ek vir julle van Hom vertel het, julle wat heidene is.

2. Julle het gehoor dat God goed was vir my en dat Hy vir my die werk gegee het om vir julle te vertel dat God ook vir júlle goed is.

3. Julle het gehoor dat Hy vir my gesê en gewys het wat sy boodskap oor Christus is, die boodskap wat niemand voorheen geken het nie. Dit is wat ek in hierdie brief klaar vir julle geskryf het.

4. Wanneer julle nou verder lees, dan sal julle weet dat ek die boodskap oor Christus verstaan.

5. God het nou sy Gees gestuur om dit vir sy gewyde apostels en profete te bring. Hy het die boodskap nie so gestuur vir die mense wat voorheen gelewe het nie.

6. Daardie boodskap is: Julle is heidene, maar julle behoort aan Christus Jesus en julle glo die goeie boodskap. Daarom gee God nou ook vir julle baie goeie dinge, soos Hy vir die Jode gegee het. Julle en die Jode is nou almal saam, julle is soos een liggaam. En julle sal ook kry wat God belowe het.

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 3