Ou Testament

Nuwe Testament

3 Johannes 1:8-15 Bybel vir Almal (ABA)

8. Daarom, ons moet mense help wat vir ander mense van Christus vertel. As ons dit doen, dan help ons hulle om die waarheid vir almal te vertel.

9. Ek het ’n brief vir die gemeente in julle stad geskryf, maar Diotrefes doen nie wat ons vra nie. Hy hou daarvan om die belangrikste in die gemeente te wees.

10. Daarom, wanneer ek na julle toe kom, dan sal ek vir julle gemeente alles vertel wat hy gedoen het. Hy skinder van my, en hy doen ook ander slegte dinge. Hy wil ook nie ander gelowiges laat inkom in julle gemeente nie, en as daar mense is wat die ander gelowiges laat inkom, dan skop hy daardie mense uit die kerk.

11. Liewe vriend, daar is mense wat slegte dinge doen. Maar jy moenie dit doen nie. Jy moet goeie dinge doen. Almal wat goed doen, is God se kinders. Maar almal wat sleg doen, glo nie in God nie.

12. Ek stuur ook vir Demetrius na jou toe. Almal praat goed van hom. Die dinge wat hy doen, wys ook dat hy goed is. Ek praat ook goed van hom en jy weet dat ek die waarheid praat.

13. Ek het nog baie dinge wat ek vir jou wil sê, maar ek wil dit nie in ’n brief skryf nie.

14. Ek hoop om jou gou te sien. Dan kan ons met mekaar praat.

15. Ek bid dat God vir jou vrede sal gee. Al die vriende hier by my stuur groete vir jou. Sê groete vir elkeen van die vriende daar by jou.

Lees volledige hoofstuk 3 Johannes 1