Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timoteus 3:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Maar jy moet weet dat dit sleg sal gaan in hierdie laaste dae van die wêreld.

2. Mense sal selfsugtig wees en hulle sal baie lief wees vir geld. Hulle sal lief wees om te spog en hulle sal hoogmoedig wees. Hulle sal slegte dinge sê van ander mense, hulle sal ongehoorsaam wees aan hulle ouers en hulle sal ondankbaar wees. Hulle sal nie vir God wil dien nie,

3. hulle sal vir niemand lief wees nie en hulle sal met niemand vrede wil maak nie. Hulle sal slegte dinge sê van ander mense, hulle sal doen wat hulle wil doen, hulle sal wild wees, hulle sal niks wil doen wat goed is nie.

4. Hulle sal verraaiers wees, hulle sal nie dink voordat hulle iets doen nie, hulle sal dink hulle is wonderlike mense, hulle sal lief wees om te doen wat vir hulle lekker is, hulle sal nie lief wees vir God nie.

5. Dit sal miskien lyk of hierdie mense vir God dien, maar hulle sal nie lewe soos mense wat vir God dien nie. Jy moet wegbly van daardie mense.

6. Want dit is daardie soort mense wat vals is wanneer hulle in huise inkom en wat dan die vroue alles laat glo wat hulle vir hulle leer, die vroue wat graag enige iets glo. Dit is vroue wat baie sonde gedoen het en wat altyd graag baie meer dinge wil hê.

7. Hierdie vroue wil altyd meer leer, maar hulle weet nooit wat die waarheid van God is nie.

8. Die mense wat vir die vroue leer, probeer keer dat hulle die waarheid hoor, soos Jannes en Jambres vir Moses probeer keer het. Hulle is mense wat nie meer reg kan dink nie, hulle geloof beteken niks.

9. Maar hulle is dwase en hulle sal nie kan doen wat hulle wil doen nie. Almal sal kan sien dat hulle dwaas is, soos almal ook gesien het dat Jannes en Jambres dwaas is.

Lees volledige hoofstuk 2 Timoteus 3