Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timoteus 2:13-18 Bybel vir Almal (ABA)

13. As ons ontrou is,dan sal Christus nog altyd doenwat Hy belowe het,want Hy kan nie anders weesas wat Hy is nie.

14. Jy moet aanhou om hierdie dinge vir die gelowiges te sê. Jy moet hulle ernstig waarsku, jy moet vir hulle sê dat God hoor wat jy sê. Jy moet hulle waarsku dat hulle nie met mekaar moet baklei oor woorde nie. Dit help niks wanneer mense so stry nie, en dit is sleg vir die mense wat hoor hoe hulle stry.

15. Jy moet hard probeer om God só te dien dat Hy tevrede sal wees met jou werk. Jy moet só werk dat jy nie skaam sal wees daaroor nie. Jy moet op die regte manier vir die mense vertel van die waarheid.

16. Jy moenie luister na die stories van mense wat niks weet van God nie. Mense wat daardie dinge sê, sal meer en meer verkeerde dinge doen.

17. En die dinge wat hulle sê, sal verder en verder groei, soos kanker. Himeneus en Filetus het ook dieselfde dinge gesê.

18. Hulle het gesê dat God die mense wat dood is, klaar weer laat lewe het. So het hulle opgehou om die waarheid te vertel en hulle het party mense laat ophou glo in Christus.

Lees volledige hoofstuk 2 Timoteus 2