Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timoteus 2:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Timoteus, jy wat vir my soos my kind is, jy moet nou sterk wees, jy moet onthou dat jy aan Christus Jesus behoort en dat Hy genadig wil wees vir jou.

2. Jy het saam met baie ander getuies gehoor wat ek vir mense geleer het. Jy moet hierdie dinge vertel vir mense wat sal doen wat hulle belowe het, mense wat die dinge ook vir ander mense sal kan leer.

3. Jy moet soos ’n goeie soldaat van Christus Jesus ook swaarkry saam met die ander gelowiges.

4. ’n Soldaat wat besig is om sy werk te doen en wat wil hê dat sy offisier tevrede moet wees met hom, moenie ook ander werk wil doen nie.

5. Dit is soos wanneer iemand deelneem aan ’n atletiekbyeenkoms. Hy moet gehoorsaam wees aan al die reëls, anders kan hy nie wen nie.

6. Die boer wat hard gewerk het, moet die eerste persoon wees wat mag eet van die koring of die vrugte.

7. Jy moet goed dink oor wat ek vir jou sê, want die Here sal jou help om dit alles goed te verstaan.

Lees volledige hoofstuk 2 Timoteus 2