Ou Testament

Nuwe Testament

2 Petrus 3:2-5 Bybel vir Almal (ABA)

2. sodat julle kan onthou wat die gewyde profete voorheen gesê het. Julle moet ook die wette van die Here en Redder onthou, die wette wat Hy vir die apostels gegee het om vir julle te gee.

3. Dit is belangrik dat julle dit moet weet: In die laaste dae van die wêreld sal daar mense kom wat baie sal spot met ander mense. Hulle sal spot en hulle sal die slegte dinge doen wat hulle graag wil doen.

4. Hulle sal sê: “Die Here het belowe dat Hy weer sal kom, maar hoekom het Hy nog nie gekom nie? Want ons voorvaders het lank gelede gesterf, maar alles bly dieselfde soos dit van die begin af was toe God alles gemaak het.”

5. Die mense wat spot, sal hierdie dinge sê, want hulle wil nie onthou dat die hemel lank gelede klaar daar was en dat die aarde uit die water gekom het nie. God het gesê dit moet so wees. Hy het die aarde uit die water laat kom.

Lees volledige hoofstuk 2 Petrus 3