Ou Testament

Nuwe Testament

2 Petrus 1:14-20 Bybel vir Almal (ABA)

14. Want ek weet dat ek nie meer lank sal lewe nie, ons Here Jesus Christus het dit vir my gesê.

15. Daarom sal ek hard probeer dat julle hierdie dinge altyd sal onthou, ook nadat ek gesterf het.

16. Ons het vir julle vertel dat ons Here Jesus Christus sterk is en dat Hy weer sal kom. Dit was nie slim stories wat ander mense gemaak het en wat ons geglo het nie. Nee, ons het self gesien dat Jesus Christus sterk is en alles kan doen.

17. God die Vader het vir Jesus eer gegee en God het vir Jesus Koning gemaak. God is self die Groot Koning, en Hy het gesê: “Dit is my Seun. Ek is lief vir Hom. Hy maak My bly.”

18. En ons het self gehoor dat God uit die hemel praat, ons het dit gehoor toe ons saam met Jesus op die gewyde berg was.

19. Daarom weet ons dat die boodskappe wat die profete gebring het, regtig waar is. Dit sal goed wees as julle luister na die profete se boodskappe, want daardie boodskappe is soos ’n lamp wat in die donker skyn totdat die dag kom wanneer Christus weer sal kom. Dan sal Hy in julle harte sy lig laat skyn soos die môrester skyn.

20. Dit is belangrik dat julle dit moet weet: Die profete van die Ou Testament het nie self die dinge gedink wat hulle gesê het nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Petrus 1