Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 15:51-58 Bybel vir Almal (ABA)

51. Nou gaan ek iets vir julle vertel wat niemand voorheen geweet het nie. Ons sal nie almal sterf nie, maar God sal ons almal verander.

52. Dit sal baie vinnig gebeur, so vinnig soos ’n mens jou oog knip. Dit sal gebeur wanneer die laaste trompet blaas. Die trompet sal blaas, en dan sal God die mense wat dood is, weer laat lewe. Hulle liggame sal nooit stof kan word nie. God sal ons ook verander, ons wat nog sal lewe wanneer Christus weer kom.

53. Want hierdie liggaam kan stof word, maar God moet vir ons ’n ander liggaam gee wat nie stof kan word nie. Hierdie liggaam kan sterf, maar God moet vir ons ’n ander liggaam gee wat nie kan sterf nie.

54-55. Wanneer God dit alles gedoen het, wanneer Hy vir ons ’n liggaam gegee het wat nie stof kan word en wat nie kan sterf nie, dan sal die woorde waar word wat in die Ou Testament geskryf is: God het die doodheeltemal oorwin. Dood, dink jy dat jy altydsal oorwin?Nee, jy sal nie.Dood, dink jy dat jy sal aanhouom mense te laat sterfsoos wanneer bye mensedoodsteek met hulle angels?Nee.

56. Die dood kry sy angel van die sonde. En die sonde kry sy krag van die wette.

57. Maar ons moet vir God dankie sê. Hy het ons laat oorwin omdat ons aan ons Here Jesus Christus behoort.

58. My vriende, ek is baie lief vir julle. Ons Here Jesus Christus lewe weer, daarom moet julle aanhou glo. Julle moet ook nie verkeerde dinge glo nie. Julle moet hard werk vir die Here, want julle weet: As julle vir die Here werk, dan sal julle nooit jammer wees daaroor nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 15