Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 14:35-40 Bybel vir Almal (ABA)

35. As die vroue iets wil weet, dan moet hulle dit by die huis vir hulle mans vra, want dit is nie mooi wanneer ’n vrou in die kerk praat nie.

36. Julle is nie die eerste gemeente wat die boodskap van God gebring het nie, en julle is ook nie die enigste gemeente wat die boodskap gehoor het nie.

37. As iemand ’n profeet of ’n geestelike mens is, dan sal hy weet dat die dinge wat ek vir julle skryf, dinge is wat die Here self sê.

38. En as iemand nie aanvaar wat ek skryf nie, dan sal die Here hom ook nie aanvaar nie.

39. My vriende, daarom moet julle aanhou om God se boodskap te bring, maar julle moenie die mense keer wat in tale praat nie.

40. En julle moet onthou, alles moet só gebeur dat niks deurmekaar is in die gemeente nie, en elke ding moet ’n beurt kry op die regte tyd.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 14