Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 13:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Miskien sal ek die tale van menseen van engele kan praat,maar as ek nie lief is vir Goden vir ander mense nie,dan is ek soos ’n klok of soos’n simbaal wat net raas.

2. Miskien sal ek God se boodskapkan bring,en al die geheime kan ken,en alles kan weet.Miskien sal ek so sterk kan glodat ek berge kan wegskuif,maar as ek nie lief is vir Goden vir ander mense nie,dan beteken ek niks.

3. Miskien sal ek al my goedkan weggee,en miskien sal ek myself kan geesodat mense my slaanen seermaak,en sal ek daaroor spog,maar as ek nie lief is vir Goden vir ander mense nie,dan help dit my niks.

4. Iemand wat lief is vir Goden vir ander mense,is geduldig en vriendelik,hy is nie jaloers nie,hy spog nie, hy is niehoogmoedig nie,

5. hy doen nie lelike dinge nie,hy is nie selfsugtig nie,hy word nie gou kwaad nie,hy onthou nie vir altyddat mense slegte dingeaan hom gedoen het nie,

6. hy is nie bly wanneer menseverkeerde dinge doenaan ander mense nie,hy is baie bly wanneer mensedie waarheid praat.

7. Hy word nooit moedeloos nie,hy hou aan om te glo en te hoop,hy bly geduldig.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 13